From Wikipedia, the free encyclopedia
Anacletus I,[1][2] (ook Cletus, of Anencletus) die derde pous van die Rooms-Katolieke Kerk, is volgens die Kerk die opvolger van Pous Linus as pous (biskop) van Rome van 76 tot 88. Die naam Anacletus beteken "onberispelik". Volgens sommige bronne is hy dieselfde persoon as pous Cletus[3]. Ander bronne beweer egter dat hy Cletus se opvolger was. Tydens sy pontifikaat is daar begin met die inseëning van biskoppe. Sy opvolger was Pous Clemens I.
Volgens die Liber Pontificalis[4] is hy gebore in die buurt Vicus Patricius en is hy die seun van Emilianus.
Vroeër is hy in die Rooms-Katolieke Kerk as heilige vereer (tot 1969). Sy feesdag was op 26 April. Sy stoflike oorskot word in die Sint Pieterskerk in die Vatikaan bewaar.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.