![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/76/Octans_IAU.svg/langaf-640px-Octans_IAU.svg.png&w=640&q=50)
Polaris Australis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Polaris Australis (ook bekend as Sigma Octantis of σ Oct) is die naaste ster aan die suidelike hemelpool wat met die blote oog sigbaar is en die naaste aan ’n poolster in die Suidelike Halfrond. Dit is ’n enkelster[9] in die sirkumpolêre sterrebeeld Oktant. Dit is sowat 281 ligjare van die Aarde af en is ’n reusester van spektraaltipe F0 III.[1] Dit is ’n Delta Scuti- veranderlike ster – sy gemiddelde skynbare magnitude van 5,47[3] verander elke 2,33 uur met sowat 0,03 magnitudes.[7]
Kitsfeite
Polaris Australis
| ||||
![]() | ||||
Die ligging van Polaris Australis (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Oktant | |||
Bayer-naam | Sigma Octantis | |||
Spektraaltipe | F0 III[1] | |||
Soort | Reusester Sirkumpolêre ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 08m 46.83929s[2] | |||
Deklinasie | -88° 57′ 23.3966″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 5,47[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 0,86±0,09[4] | |||
B-V-kleurindeks | +0,26[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,13[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,59[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 38[6] | |||
Ouderdom (jaar) | 912 miljoen[5] | |||
Temperatuur (K) | 7 415±252[5] | |||
Afstand (ligjaar) | Sowat 281 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Delta Scuti[7] | |||
Ander name | ||||
Polaris Australis, σ Oct, FK5 923, HD 177482, HIP 104382, HR 7228, SAO 258857[8] | ||||
|
Sluit