![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/80/M2-9_minkowski%2527s_butterfly.png/640px-M2-9_minkowski%2527s_butterfly.png&w=640&q=50)
Planetêre Newel M2-9
From Wikipedia, the free encyclopedia
Minkowski 2-9, afgekort as M2-9 (ook bekend as die Vlinder-newel of Tweelingstraal-newel), is ’n planetêre newel wat in 1947 deur die sterrekundige Rudolph Minkowski ontdek is. Dit is 2 100 ligjare van die Aarde af geleë in die rigting van die sterrebeeld Slangdraer. Dié simmetriese newel lyk soos twee eenderse lobbe materiaal wat van die sentrale ster af weggeskiet word. Sterrekundiges het dit die "Tweelingstraal-newel" gedoop na aanleiding van die strale wat die lobbe vorm. Dit lyk ook soos die vlerke van ’n vlinder. Die newel is in die 1990's deur die Hubble-ruimteteleskoop afgeneem.
Kitsfeite
Planetêre Newel M2-9 | ||||
![]() | ||||
Minkowski 2-9 (M2-9). | ||||
Sterrebeeld | Slangdraer | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 05m 37.952s[1] | |||
Deklinasie | -10° 08′ 34.58″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 14,7[1] | |||
Absolute magnitude (M) | 5,6 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 2 100 | |||
Skynbare grootte | 115″ × 18″[2] | |||
Ander name | ||||
PNG 010.8+18.0, PK 010+18.2 | ||||
|
Sluit