Persiese mitologie
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Persiese mitologie of Irannese mitologie (Persies: افسانههای ایران) is die mites wat deur die antieke Perse en ander Irannese volke vertel is. Dié stories gaan oor die ontstaan en aard van die wêreld, die lewens en dade van gode, helde en mitologiese wesens, asook die oorsprong en betekenis van die antieke Persiese kultusse en rituele praktyke.
Moderne geleerdes bestudeer die mites om 'n begrip te kry van die godsdienstige en politieke instellings van nie net die hedendaagse Iran nie, maar ook Groter Iran, wat streke insluit soos Wes-Asië, Sentraal-Asië, Suid-Asië en Transkaukasus, waar die Irannese kultuur 'n groot invloed gehad het. Dit is histories streke wat lank regeer is deur dinastieë van verskeie Irannese ryke. Dit sluit in die Mede, Achaemeniede, Parters, Sassaniede, Samaniede en talle ander kulture.[2][3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.