From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Perseus-sterrestelselswerm (Abell 426) is ’n sterrestelselswerm in die sterrebeeld Perseus. Dit het ’n rooiverskuiwing van 5 366 km/s en ’n deursnee van 863′.[1] Dit is een van die naaste ryk swerms en bevat 500 tot 1 000 sterrestelsels in ’n wolk van gas.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Perseus-sterrestelselswerm | |
---|---|
Waarnemings van die Chandra-X-straalsterrewag van die sentrale deel van die Perseus-sterrestelselswerm. Kleurkode: Energie (rooi 0,3-1,2 keV, groen 1,2-2 keV, blou 2-7 keV). Instrument: ACIS. Bron: Nasa/CXC/IoA/A.Fabian e.a. | |
Soort | Sterrestelselswerm |
Sterrebeeld | Perseus |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 03hh 18m[1] |
Deklinasie | +41° 30′[1] |
Afstand (ligjaar) | 240 |
Rooiverskuiwing | 0,01790 (5 366 km/s)[1] |
Helderste stelsel | NGC 1275 |
Aantal stelsels | 500 – 1 000 |
Ander name | |
Abell 426,[1] NGC 1275-sterrestelselswerm,[1] LGG 88 | |
Portaal Sterrekunde |
Die swerm bestaan hoofsaaklik uit gelerige elliptiese en lensvormige sterrestelsels en het ’n geskatte gesamentlike massa van 2×1015 M☉.
Die swerm bevat onder meer die sterk radiobron Perseus A (3C 84), wat met die reusagtige sterrestelsel NGC 1275 in die middel van die swerm verbind word. Die plasma in die middel van die swerm om NGC 1275 is ook die bron van sterk X-strale, wat die Perseus-sterrestelselswerm die helderste swerm in die X-straalband maak.
In 2003 het ’n span sterrekundiges onder leiding van dr. Andrew Fabian aan die Universiteit van Cambridge ná 53 uur van waarnemings met Chandra die diepste akoestiese toon nog in die heelal ontdek, ’n B♭.[2] ’n Mens sal nie die toon kan hoor nie, want dit is 57 oktawe laer as die middelste sleutels van ’n klavier.[2] Dit lyk of die radiogolwe uit die aktiewe kern van NGC 1275 kom.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.