From Wikipedia, the free encyclopedia
Pelycosauria (van Grieks πέλυξ pelyx, "houtbak", en σαῦρος sauros, "akkedis") is ’n informele groepering of orde wat bestaan uit basale, of primitiewe, sinapsides uit die laat Paleosoïkum. Daar word soms verkeerdelik na hulle verwys as "soogdieragtige reptiele". Hulle bestaan uit alle sinapsides behalwe die terapsides en hul afstammelinge.
Pelycosauria | |
---|---|
’n Skelet van Dimetrodon mileri in die Harvard-museum van Natuurgeskiedenis. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Orde: | Pelycosauria (Cope, 1878) |
Sommige spesies was nogal groot en kon tot 3 m of hoër word, hoewel die meeste baie kleiner was. Omdat meer gevorderde groepe sinapsides regstreeks uit Pelycosauria ontwikkel het, gebruik wetenskaplikes van die 21ste eeu nie meer die term amptelik nie, maar net informeel.[1]
Pelycosauria het tydens die Pennsylvanium ontstaan en hul hoogtepunt in die vroeë Perm bereik. Hulle was sowat 40 miljoen jaar lank die oorheersende landdiere. ’n Paar het tot in die Capitanium oorleef. Hulle is deur die terapsides opgevolg.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.