sterrebeeld From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Paradysvoël (Latyn: Apus) is ’n dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim wat in die 16de eeu geskep is. Dit bevat onder meer die bolvormige sterreswerm NGC 6101.
Paradysvoël | ||||
Latynse naam | Apus | |||
Genitief | Apodis | |||
Afkorting | Aps | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 16h | |||
Deklinasie | -75º | |||
Grootte | 206 vk. grade (67ste) | |||
Kwadrant | SQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 4 | |||
Helderste ster | Alpha Apodis | |||
Naaste ster | HD 128400 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 2 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 12 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Suidelike Driehoek, Passer, Vlieg, Kameleon, Oktant, Pou, Altaar | ||||
|
Die sterrebeeld was een van 12 wat geskep is deur Petrus Plancius na aanleiding van waarnemings deur Pieter Dirkszoon Keyser en Frederick de Houtman. Plancius het dit Paradysvogel Apis Indica genoem; die eerste woord is Nederlands vir paradysvoël, maar die ander twee beteken "Indiese by". Apis is die Latyn vir "by" en is waarskynlik foutiewelik gebruik in plaas van avis ("voël").[1] Die naam "apus" kom van die Griekse woord apous ("sonder voete"). Dit verwys na die Weste se opvatting dat ’n paradysvoël nie pote het nie omdat die enigstes wat destyds in die Weste gekry is, se pote en vlerke verwyder was.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.