From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Paleis van Groothertog Aleksei Aleksandrowitsj is geleë aan die oewer van die Moika-rivier in Sint Petersburg, Rusland. Groothertog Aleksei was die sesde kind van tsaar Aleksander II. Ná ’n besoek aan Amerika en Japan het hy ’n gebou aan die oewer van die Moika-rivier gekoop wat hy deur die argitek Maximilian Messmacher laat herbou het. ’n Ander styl is vir elk van die fasades gekies.
In 1910 is ’n deel van die tuin verkoop vir die bou van ’n lekkergoedfabriek. Hoewel die paleis in 1968 as ’n nasionale baken aangewys is, het dit jare lank verwaarloos gebly.[1] Dit word tans gerestoureer en sal in Desember 2008 heropen word as die Huis van Musiek.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.