Pad na jou hart
Afrikaanse rolprent / From Wikipedia, the free encyclopedia
Pad na jou hart is ’n Afrikaanse romantiese-avontuurkomedie oor ’n jong, aantreklike en selfvoldane sakeman wat vyf dae het om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom. Hy moet egter sekere take voltooi op hierdie reis voordat hy die suksesvolle familie-maatskappy kan oorneem. Sy enigste kans om betyds daar aan te kom, is ’n saamrygeleentheid met die beeldskone boheemse meisie.
Kitsfeite Pad na jou hart, Regisseur ...
Pad na jou hart | |
---|---|
Regisseur | Jaco Smit |
Produksieleier | Vervaardiger: Danie Bester, Ivan Botha, Donnalee Roberts |
Draaiboek | Draaiboek: Ivan Botha, Donnalee Roberts |
Met | Ivan Botha Donnalee Roberts Marius Weyers Franci Swanepoel Marcel van Heerden Lida Botha |
Kinematografie | Jacques Koudstaal |
Redigeerder | Dwaine Faria-Carrao |
Ateljee | The Film Factory |
Verspreider | Ster-Kinekor |
Uitgereik | Februarie 2014 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste | |
IMDb-profiel |
Sluit
Die skrywer François Bloemhof het die draaiboek in ’n roman verwerk wat in November 2013 bekendgestel is. Van die kunstenaars wat op die klankbaan te hore is, sluit in Adam, Joe Foster, Foto na Dans, Die Heuwels Fantasties en Karen Zoid.