![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f0/Grain_millet%252C_early_grain_fill%252C_Tifton%252C_7-3-02.jpg/640px-Grain_millet%252C_early_grain_fill%252C_Tifton%252C_7-3-02.jpg&w=640&q=50)
Pêrelbalalagras
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pêrelbalalagras of pokogras (Pennisetum glaucum) is 'n graangewas wat vir 55% van die wêreld se produksie van balalagrasse verantwoordelik is. Dit word veral in Afrika en Asië verbou.[1]
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...
Pêrelbalalagras | |
---|---|
![]() | |
Pêrelbalalagras | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Monocots |
(geen rang): | Commelinids |
Orde: | Poales |
Familie: | |
Subfamilie: | Panicoideae |
Genus: | Pennisetum |
Spesie: | P. glaucum |
Binomiale naam | |
Pennisetum glaucum | |
Sluit
Dit is die hoofgraangewas van die noorde van Namibië en suidelike dele van Angola en word in Suid-Afrika ook mahangu genoem. Die optimale temperatuur vir groei is 32-35 °C en dit is goed gehard teen droogte. Die graan kom oorspronklik uit Afrika (Mali) en word al vir eeue in Indië verbou. In Amerika word dit veral as voer vir beeste gebruik.[2] In Namibië word dit ook as 'n pap geëet, wat oshifima genoem word, saam met hoendervleis, bone, mopaniewurms of vis. Daar word ook 'n drankie oshikundu of ontaku van die mahangu gemaak.[3]