Outjo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Outjo (Herero: klein koppe) is 'n dorp met 6 000 inwoners in die Kunene-distrik van Namibië. Dit is die setel van die Outjo-kiesafdeling in die distrik. Die dorp is bekend as 'n belangrike poort na die Etosha Nasionale Park.[1]
Outjo | |
---|---|
'n Lugbeeld van Outjo in 2018 | |
Koördinate: 20°06′32″S 16°09′17″O | |
Land | Namibië |
Streek | Kunene |
Kiesafdeling | Outjo |
Regering | |
• Burgemeester | Kleophas Geingob |
Bevolking | |
• Totaal | 6 013 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Outjo is in 1897 deur die Duitsers onder bevel van kol. Theodor von Leutwein as 'n militêre basis gestig. Die doel hieragter was om die noordelike gebied van Duitswes-Afrika verder te verken. Die plaaslike historiese museum (Franke Haus Museum) dokumenteer die veldtog van majoor Victor Franke deur Ovamboland.
Die "Impalila-monument" gedenk die strafekspedisie van majoor Victor Franke in Oktober 1914 teen die Portugese fort van Impalila in Angola.[2] Dit volg nadat 'n Duitse afvaardiging wat gestuur is om 'n verdrag van nie-aggressie te onderhandel vermoor is.
Die dorp lê naby die Gamkarab-grot, wat bekend is vir sy stalaktiete, stalagmiete en sy pietersiet (stormsteen). Die grotte is op privaat grond en dus nie oop vir die publiek nie.