From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oud-Oeigoerse alfabet is gebruik vir die skryf van Oud-Oeigoers, ’n variant van Oud-Turks wat ’n voorloper was van moderne Oeigoers. Dit is in die Tarim-kom (die hedendaagse Xinjiang-streek) in Wes-China gepraat. Die term "Oeigoers" wat vir die alfabet gebruik word, is misleidend aangesien die Oeigoere van Mongolië die Oud-Turkse rune-skrif gebruik het en eers die plaaslike taal en skrif aangeneem het toe hulle ná 840 na die Tarim-kom gemigreer het.[1]
Oud-Oeigoerse alfabet | |
---|---|
Soort skryfstelsel | Abjad/alfabet |
Taal | Oeigoers |
Tydperk | ca.700's – 1800's n.C. |
Voorloper | Sogdiese alfabet |
Rigting | Bo-onder |
Nota | Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat |
Die skrif was ’n aanpassing van die Sogdiese alfabet, wat 700 tot 800 jaar lank in die Tarim-kom gebruik is vir tekste van Boeddhisme, Manicheïsme en die Christendom. Die laaste bekende manuskripte dateer uit die 18de eeu. Dit was die prototipe vir die Mongoolse en Mantsjoe-alfabet.
Die Oud-Oegoerse skryfstelsel het nes in die Sogdiese alfabet lang klinkers aangedui, maar ook kortes. Die praktyk om nie klinkers te skryf nie, het eintlik heeltemal verdwyn in Oeigoers.[2] Hoewel die skrif dus afstam van ’n Semitiese abjad, het dit ontwikkel in ’n ware alfabet.[3]
Moderne Oeigoers in Xinjiang word in ’n Arabies–gebaseerde alfabet geskryf, maar Latyns- en Cyrillies-gebaseerde alfabette is ook in gebruik, veral buite Xinjiang.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.