Oromo (volk)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oromo (Oromo: Oromoo; Ge'ez: ኦሮሞ; ’Oromo) is 'n etniese groep inheems aan die suidelike en sentrale hooglande van Ethiopië, veral in die Oromiastreek. Volgens die nasionale sensus van 2007 leef sowat 25,5 miljoen Oromo in Ethiopië, sowat 34,4% van dié land se bevolking. Hulle praat Oromo, 'n Koesjitiese taal binne die Afro-Asiatiese taalfamilie, as moedertaal.
Oromo | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 26 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Ethiopië 25,5 miljoen[1] |
Taal: | Oromo |
Geloofsoortuiging: | Christendom 48,2% (Ethiopies-Ortodokse Kerk 30,5% & Protestantisme 17,7%), Soennitiese Islam 47,5%, tradisionele godsdiens 3,3% |
Verwante etniese groepe: | Afar • Agaw • Amhare • Beja • Saho • Somaliërs • Tigrinya • ander Koesjitiese volke[5] |
Die Oromo vorm die grootste etniese groep in Ethiopië nog voor die Amhare en vorm die titulêre nasie van die Oromiastreek, een van nege etniese streke in Ethiopië. Oromo is die mees verspreide taal van Ethiopië nog voor Amharies, hoewel dit nie dié land se amptelike taal is nie. Daarbenewens leef 22 674 Oromo in Kenia, omtrent 3 350 Oromo in Kanada en 'n verdere 2 030 Oromo in Australië. Sedert 1973 veg die separatistiese Oromo-Bevrydingsfront vir 'n onafhanklike Oromo-staat.[6]