![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/47/Orion_Head_to_Toe.jpg/640px-Orion_Head_to_Toe.jpg&w=640&q=50)
Orionkompleks
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Orionkompleks (volle naam: Orion- Molekulêre Wolkkompleks) is ’n groot groep helder newels, donker wolke en jong sterre in die sterrebeeld Jagter. Dit is tussen 1 500 en 1 600 ligjare van die Aarde af en honderde ligjare breed. Verskeie dele van die kompleks kan met ’n verkyker of klein teleskoop gesien word, en sommiges soos die Orionnewel is met die blote oog sigbaar.
Orionkompleks | ||||
![]() | ||||
’n Deel van die Orionkompleks, met die Orionnewel naby die middel, die Jagter se Belt, asook Barnard se Lus wat die foto omraam. | ||||
Soort newel | Molekulêre wolkkompleks | |||
Sterrebeeld | Jagter | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 35.3m[1] | |||
Deklinasie | -05° 23′[1] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 1 500 tot 1 600 | |||
Skynbare grootte | Honderde ligjare breed | |||
Ander name | ||||
Orionwolkkompleks, Orion- Molekulêre Wolkkompleks | ||||
|
Die kompleks is belangrik vanweë sy enorme grootte; dit strek verskeie grade van die Jagter se Belt na sy swaard. Dit is ook een van die aktiefste stervormingstreke wat in die lug sigbaar is en die tuiste van protoplanetêre skywe en baie jong sterre. Die kompleks is helder in infrarooigolflengtes vanweë die hitte-intensiewe prosesse van die stervorming, maar dit bevat ook donker newels, emissie- en refleksienewels en H II-gebiede. Die teenwoordigheid van rimpels op die oppervlak van die kompleks is onlangs ontdek. Dit word veroorsaak deur die verspreiding van die newelgas oor reeds bestaande molekulêre gas. [2]