Neushoringvoëls
From Wikipedia, the free encyclopedia
Neushoringvoëls (Bucerotidae) is 'n familie van voëls in die orde van Bucerotiformes. Neushoringvoëls kom in Afrika, tropiese dele van Asië, Nieu-Guinee en die Salomonseilande voor. Daar is 60 spesies in die familie,[1] waarvan 22 op die IUBN-rooilys aangeteken is. Vanweë hul groot snawels word neushoringvoëls dikwels met toekans (familie Ramphastidae) verwar.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Genera ...
Neushoringvoëls | |
---|---|
Ocyceros griseus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | Coraciiformes (maar sien teks) |
Familie: | Bucerotidae Rafinesque, 1815 |
Genera | |
14, sien teks |
Sluit
Die wyfie lê haar eiers in 'n holte in 'n boom. Die mannetjie messel dan die wyfie in die holte met modder toe. Slegs 'n klein gaatjie word oopgelos, waardeur die mannetjie kos kan aangee. Hierdie gedrag beveilig die nes teen slange totdat die kuikens groot genoeg is om die nes te verlaat en te leer vlieg.[2]