Naos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Naos (ook genoem Zeta Puppis of ζ Pup) is ’n ster in die sterrebeeld Agterdek (Puppis). Die spektraaltipe "O4" beteken dit is een van die warmste en helderste sterre wat met die blote oog sigbaar is. Dit is een van die min O-tipe sterre wat met die blote oog sigbaar is sowel as een van die naastes aan die Aarde.[5] Dit is ’n blou superreus en een van die Melkweg se helderste sterre. Dit is visueel meer as 10 000 so helder soos die Son, maar sy hoë temperatuur beteken die grootste deel van sy straling is in die ultraviolet. Dit is die 72te helderste ster in terme van sy skynbare magnitude.
Naos
| ||||
Naos se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Agterdek | |||
Bayer-naam | Zeta Puppis | |||
Spektraaltipe | O4If(n)p[1] | |||
Soort | Superreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 03m 35.1s[2] | |||
Deklinasie | -40° 00′ 11.6″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,25[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -6,23[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0,27[3] | |||
U-B-kleurindeks | -1,09[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 56,1[4] | |||
Radius (R☉) | 14-26[5] | |||
Ouderdom (jaar) | 3,2 miljoen[4] | |||
Temperatuur (K) | 40 000[4] | |||
Rotasiespoed (km/s) | >220[6] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | 0,34[6] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Vermoedelik α Cyg[7] | |||
Ander name | ||||
Suhail Hadar, CPD−39°2011, FK5 306, GC 10947, HD 66811, HIP 39429, HR 3165, PPM 312524, SAO 198752 | ||||
|
Naos is ’n tipiese O-tipe ster omdat dit ’n uiters sterk sterwind het: sowat 2 500 km/s,[8] wat beteken dit verloor meer as ’n miljoenste van sy massa elke jaar,[8] of sowat 10 miljoen keer soveel as die Son.