Die NG gemeente Warden is 'n Vrystaatse gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Die gemeente se kerkgebou is die grootste in die Vrystaat en een van die ses grootstes in Suid-Afrika[1] Oorspronklik was daar sitplek vir 1 750 mense, maar met die inrig van die moederkamers is daar nou sitplek vir 1652.
Ds. J.A. Hurter, net van Maart 1918 tot Mei 1921 Warden se eerste NG leraar.
Die NG kerk Warden, begin volgens Folkert Wilko Hesse se plan in 1920, die hoeksteen gelê in 1920, bouwerk onderbreek en voltooi deur Gerard Moerdijk. Die kerk is ingewy op 14 Mei1924.
Ds. en mev. B.A. Spies was die pastoriepaar van 1921 tot sy eerste aftrede in 1949.
Die kerkgebou van die kant gesien. Die toring is 45,8m hoog.
Ds. en Mev. J.J. de Necker, pastoriepaar van 1949 tot sy aftrede in 1971.
Ds. en mev. R.C.H. Kemp, pastoriepaar van 1960 tot 1966.
Ds. en mev. P.J.J. Schoeman, pastoriepaar van 1966 tot 1969.
Ds. H.O. Pienaar was Warden se leraar van 1971 tot 1989. Dié foto is omstreeks 1951 geneem toe hy in sy eerste gemeente, Tweeling, gestaan het.