Die NG gemeente Vereeniging is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die NG moederkerk in Vereeniging. Die hoeksteen is in Oktober 1926 gelê en die argitek was Gerard Moerdyk (volgens die inskripsie op die hoeksteem).
Ds. H.E. Steyn is in September 1911 (2 Junie1884 - 21 Mei1956[1]) gevra om na die NG gemeente Heidelberg te gaan met die oog op die moontlike afstigting van Vereeniging. Die gedagte was dat hy op Heidelberg sou bly dien as Vereeniging hom nie beroep nie. So is hy op 20 April1912 as Heidelberg se tweede hulpprediker bevestig.
Ds. Piet du Toit was leraar van Vereeniging van Maart 1951 tot hy in 1967 'n beroep aangeneem het na die NG gemeente Drieankerbaai, waar hy op 21 Junie1989 in die amp oorlede is.
Ds. K.D. Struwig, medeleraar van 1958 tot 1961.
Ds. J.P.J. Smit, leraar van 1982 tot sy aftrede in 1992.
Gedenksteen vir die gemeente se eerste leraar, ds. H.E. Steyn.