Pres. F.W. Reitz na wie die dorp in 1894 genoem is.
Reitz se moederkerk, afgeneem sowat twee jaar nadat dit op 15 Mei1914 ingewy is. Die argitek was Wynand Louw. Die toring is blykbaar later verhoog, moontlik om plek te maak vir die uurwerk.
Ds. D.J. Viljoen was van 1892 tot 1904 Reitz se eerste NG predikant.
Die NG moederkerk Reitz is in 1914 ingewy.
Ds. J.P. van der Spuy was van sy toetrede tot die bediening in 1904 tot sy aftrede in 1946 die gemeente se leraar. Hy was ook moderator van die Vrystaatse Kerk van 1937 tot 1948.