![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/d/df/Eerste_NG_kerk_Salisbury.jpg/640px-Eerste_NG_kerk_Salisbury.jpg&w=640&q=50)
NG gemeente Harare
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NG gemeente Harare (vroeër Salisbury) is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zimbabwe wat na die ontbinding van die Sinode van Midde-Afrika as deel van die Ring van Midde-Afrika onder die Noordelike Sinode ressorteer. Dit is amptelik op 28 Mei 1901 van die NG gemeente Bulawayo afgestig. Die kerkgebou van die gemeente is deur die gevierde Suid-Afrikaanse argitek Gerard Moerdijk ontwerp. Ds. J.A. Pienaar het die hoeksteen op 26 April 1930 gelê onder blyke van groot belangstelling. Van die sprekers tydens die geleentheid was onder andere eerw. James Andrews van die plaaslike Presbiteriaanse kerk en Suid-Rhodesië se minister van myne en openbare werke, John Wallace Downie. Volgens laasgenoemde moes die kerkgebou 'n "monument word aan die Voortrekkersendingwerk in Suid-Rodesië".[1] Volgens 'n ander spreker sou die gebou 'n "sieraad vir Salisbury" wees. Die kerk is in 1931 ingewy.[2] Harare-Suid stig op 24 Maart 1954 van die moedergemeente af.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/d/df/Eerste_NG_kerk_Salisbury.jpg/640px-Eerste_NG_kerk_Salisbury.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/f/fa/Salisburykerk.jpg/640px-Salisburykerk.jpg)