From Wikipedia, the free encyclopedia
Mstislav Leopoldovich "Slava" Rostropovich (Russies: Мстисла́в Леопо́льдович Ростропо́вич, Mstislav Leopol'dovič Rostropovič, uitgespreek [rəstrɐˈpovʲɪtɕ]; * 27 Maart 1927 – † 27 April 2007) was 'n Sowjettjellis en -dirigent.
Hy word beskou as een van die grootste tjelliste van die 20ste Eeu. Bykomend tot sy interpretasies en sy tegniek, is hy bekend daarvoor dat hy nuwe werke geïnspireer en aangevra het van komponiste, op welke wyse die tjello repertoire meer as enige ander tjellis voor of na sy tyd vergroot is.
Hy het meer as 100 werke geïnspireer[1] en dit die eerste keer gespeel; en in die proses langdurige vriendskappe en artistieke vennootskappe met komponiste soos Dmitri Sjostakowitsj, Sergei Prokofiëf, Henri Dutilleux, Witold Lutosławski, Olivier Messiaen, Luciano Berio, Krzysztof Penderecki, Alfred Schnittke, Norbert Moret, Andreas Makris, Leonard Bernstein en Benjamin Britten gevorm.
Rostropovich was internasionaal erken as 'n stoere ondersteuner van menseregte, en het in 1974 die Toekenning van die Internasionale Liga van Menseregte ontvang. Hy was getroud met die sopraan Galina Vishnevskaya, en het twee dogters gehad, naamlik Olga and Elena Rostropovich.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.