Morokweng-slagkrater
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Morokweng-slagkrater is 'n slagstruktuur wat by die dorp Morokweng in Suid-Afrika se Noordwesprovinsie, naby die grens met Botswana, onder die Kalahariwoestyn begrawe is.[1]
Morokweng-slagkrater | ||
Slagstruktuur | ||
Sekerheid | Bevestig | |
Deursnee | 70 km | |
Ouderdom | 146,06 ± 0,16 miljoen jaar Laat Jura | |
Boliedtipe | LL-chondriet | |
Ontbloot | Nee | |
Gebied | ||
Land | Suid-Afrika | |
Provinsie | Noordwes | |
Distrik | Morokweng | |
Ligging | ||
Die slagkrater is sowat 75-80 km breed en die ouderdom word geraam op 146,06 ± 0,16 miljoen jaar, wat beteken dit is in die Titoniumtydsnede van die laat Juraperiode gevorm, 'n paar miljoen jaar voor die Jura-Kryt-grens.[2][3] Dit is in 1994 ontdek en is nie op die oppervlak ontbloot nie, maar is deur magnetiese en gravimetriese opnames gekarteer. 'n Ondersoek toon dit is gevorm deur 'n L-chondrietmeteoriet met 'n deursnee van sowat 5-10 km.[4]
In Mei 2006 het 'n groep wetenskapliks wat op die terrein geboor het, die ontdekking aangekondig van 'n fragment van 25 cm van die oorspronklike asteroïde op 'n diepte van 770 m onder die oppervlak. Verskeie kleiner stukke met 'n deursnee van 'n paar millimeter is op ander dieptes ontdek. Dié ontdekking was onverwags, aangesien vroeëre ondersoeke by groot slagkraters nie sulke vondste opgelewer het nie en geglo is die asteroïde het heeltemal verdamp.[5] Sommige fragmente kan gesien word in die Antenna-vleuel van die Londense Wetenskapmuseum.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.