Die Mordwiense tale (Russies: мордовские языки - mordowskie jaziki[2]) is 'n deelgroep van die Wolgaïese of Wolga-Finse tale in die Fins-Oegriese tak van die Oeraalse taalfamilie wat in die omgewing van die Wolgarivier deur die sogenaamde Wolga-Finne gepraat. Die groep bestaan uit twee tale naamlik Moksja en Erzja. Die enigste ander lewendige taal in die Wolgaïese groep is Mari.[3] Uitgestorwe tale wat volgens aanname aan die Wolgaïese tale behoort het sluit Merjanies, Mesjtjeries (Russies: Мещерский) en Moeromies in.
Mordwiens | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
In Rusland weerskante van die Wolgarivier |
Genetiese klassifikasie: |
Oeraals Fins-Oegries Fins-Permies Fins-Wolgaïes Wolgaïes[1] Mordwiens |
Onderafdelings: | |
ISO 639-2: | fiu |
Beide die Mordwiense tale het 'n geskrewe vorm. Die Erzja-skryftaal is in 1922 geskep en die van Moksja in 1923.[4]
Moksja en Erzja word soms beskryf as aparte tale wat nie onderling verstaanbaar is nie en waar Russies as tussentaal gebruik moet word, en soms as dialekte met verskillende literêre tradisies as gevolg van verskille in fonologie, woordeskat en grammatika.[5][6]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.