Monterey County
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Monterey County is 'n county langs die Stille Oseaankus van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Sy noordwestelike deel vorm die suidelike helfte van Montereybaai, terwyl die noordelike helfte in die aangrensende Santa Cruz County geleë is. Die plaaslike ekonomie steun swaar op toerisme in die kusgebiede en landbou in die Salinas-riviervallei.
Monterey County | |
---|---|
County | |
Uitsig oor die Big Sur-kuslyn | |
Ligging van Monterey County in Kalifornië | |
Koördinate: 36°24′N 121°31′W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Kalifornië |
Streek | California Central Coast |
Inkorporasie | 1850 |
Oppervlak | |
• Totaal | 9 767 km2 (3 771 vk. myl) |
• Land | 8 604 km2 (3 122 vk. myl) |
• Water | 1 163 km2 (449 vk. myl) 11,9% |
Bevolking | |
• Totaal | 415 057 |
• Digtheid | 47/km2 (122/vk. myl) |
Tydsone | UTC-8 (PST) |
• Somertyd | UTC-7 (PDT) |
Commons | Monterey County |
Webwerf | co.monterey.ca.us |
Die bevolking het in 2010 415 057 beloop.[1] Salinas is die grootste nedersetting in Monterey County en dien ook as die administratiewe setel. Die bevolking is veral langs die noordelike kuslyn en in die Salinas-vallei gekonsentreer wat die suidkus en die binnelandse berggebiede byna onbewoon laat.
Tydens die Spaanse en Mexikaanse bewind het die stad Monterey as hoofstad van Kalifornië gefungeer. Monterey County is vandag oor die wêreld bekend vir die natuurskoon van sy kuslyn, waaronder Big Sur, die State Route 1 en die 17 Mile Drive op die Monterey-skiereiland.
Openbare vervoer in Monterey County is onder beheer van Monterey-Salinas Transit wat met sy vloot van 128 busse 61 roetes in die distrik bedryf.[2] Passasierspoordienste word deur Amtrak op Salinas se treinstasie verskaf. Vanuit die streekslughawe in Monterey (Monterey Regional Airport) onderneem lugrederye regstreekse vlugte na Dallas, Denver, Las Vegas, Los Angeles, Phoenix, San Diego en San Francisco.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.