From Wikipedia, the free encyclopedia
Mirfak (ook bekend as Alpha Persei of α Per) is die helderste ster in die noordelike sterrebeeld Perseus, ook helderder as die sterrebeeld se bekendste ster, Algol. Mirfak het ’n skynbare magnitude van 1,8[8] en is ’n sirkumpolêre ster by middenoordelike breedtegrade.
Mirfak
| ||||
Mirfak se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Perseus | |||
Bayer-naam | Alpha Persei | |||
Spektraaltipe | F5 Ib[1][2] | |||
Soort | Superreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 03h 24m 19.37009s[3] | |||
Deklinasie | +49° 51′ 40.2455″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | 1,806[1] | |||
Absolute magnitude (M) | -5,1[2] | |||
B-V-kleurindeks | +0,483[4] | |||
U-B-kleurindeks | +0,38[4] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 8,5 ± 0,3[1] | |||
Radius (R☉) | 68 ± 3[5] | |||
Ouderdom (jaar) | 41 miljoen[1] | |||
Temperatuur (K) | 6 350 ± 100[1] | |||
Afstand (ligjaar) | 510 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 20[6] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,02[7] | |||
Ander name | ||||
Mirphak, Marfak, Algeneb, Algenib, α Persei, 33 Persei, BD+49 917, CCDM J03243+4951A, FK5 120, GC 4041, HD 20902, HIP 15863, HR 1017, IDS 03171+4930 A, PPM 46127, SAO 38787, WDS J03243+4952A | ||||
|
Die ster lê in die middel van ’n sterreswerm: die Alpha Persei-swerm, wat na die ster genoem is, of Melotte 20, wat maklik met ’n verkyker gesien kan word en baie van die sterrebeeld se dowwer sterre insluit.[9] Volgens parallaksmetings is Mirfak sowat 510 ligjare van die Son af.[3]
Mirfak se sterreklassifikasie is F5 Ib,[1] wat beteken dit is ’n superreus in die laaste stadiums van sy evolusie. Sy spektrum dien sedert 1943 as een van die stabiele ankerpunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word.[10]
Sy massa is sowat 8,5 keer dié van die Son[1] en dit het uitgesit tot sowat 60 keer die Son se grootte.[5] Sy ligsterkte is 5 000 keer die Son s'n[9] teen ’n effektiewe temperatuur van 6 350 K.[1] Dit gee die ster die geelwit kleur wat tipies is van F-tipe sterre. In die Hertzsprung-Russell-diagram lê Mirfak in die streek waar Cepheïed-veranderlikes voorkom.[11] Dit is dus nuttig in die bestudering van hierdie sterre, wat belangrike standaardmeetinstrumente vir afstande in die ruimte is.[9]
Die ster se Bayer-naam is "α Persei". Sy tradisionele name, "Mirfak" en "Algenib", is van Arabiese oorsprong. Die eerste naam beteken "elmboog" en word ook Mirphak, Marfak of Mirzac gespel. Algenib beteken "sy" en word ook Algeneb, Elgenab, Gęnib, Chenib of Alchemb gespel.[12][13] In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die amptelike naam Mirfak vir die ster goedgekeur.[14]
Die ster word in Hawaise sterrekunde "Hinali'i" genoem, ’n naam wat ’n groot tsoenami gedenk. Volgens sommige Hawaise volksvertellings is Hinali'i die punt van skeiding tussen die aarde en die lug wat ontstaan het met die skepping van die Melkweg.[15]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.