![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/51/Barye_-_Th%25C3%25A9s%25C3%25A9e_Minotaure.png/640px-Barye_-_Th%25C3%25A9s%25C3%25A9e_Minotaure.png&w=640&q=50)
Minotourus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Minotourus of Minotaurus (Grieks: Μῑνώταυρος; Minotauros) was in die Griekse mitologie ’n kreatuur met die kop van ’n bul en die lyf van ’n man,[1] of soos deur Ovidius beskryf, "half man; half bul".[2] Hy is aangehou in die Kretensiese Labirint, ’n soort doolhof [3] wat vir dié doel vir koning Minos van Kreta gebou is. Dit is uiteindelik deur Theseus, die seun van Aigeas, doodgemaak.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/51/Barye_-_Th%C3%A9s%C3%A9e_Minotaure.png/320px-Barye_-_Th%C3%A9s%C3%A9e_Minotaure.png)