Kreta (Grieks: Κρήτη; Kriti of Krētē) is die Griekse eiland met die grootste bevolking en oppervlakte, naamlik 8 336 km2. Dit is die vyfde grootste eiland van die Middellandse See en die grootste van Griekeland. Kreta lê aan die suidpunt van die Egeïese See, sowat 100 km van die Peloponneso.

Kitsfeite Kreta Inheemse naam: Κρήτη, Geografie ...
Kreta
Inheemse naam: Κρήτη
Thumb
Ligging van Kreta in die suidelike Egeïese See
Geografie
LiggingGriekeland, Egeïese See
Koördinate35.3097°N 24.8933°O / 35.3097; 24.8933

Oppervlakte8 331,2 vk km
Hoogste puntBerg Psiloritis, 2 456 m
Administrasie
Vlag van Griekeland Griekeland
StreekSuid-Egeïes

HoofstadIraklion

 (173 450 bewoners)

Demografie
Bevolking600 159

Sluit

Kreta is een van die 13 periferieë van Griekeland en beslaan dieselfde oppervlakte as die streek Kreta van voor die administratiewe hervormings van 1987.[1] Dit maak 'n belangrike deel uit van die ekonomiese en kulturele erfenis van Griekeland; hoewel dit unieke kulturele kenmerke het (soos Kretensiese musiek en sy eie dialek) beskou Kretensers hulself as Grieke.

Heraklion is die grootste stad en hoofstad van Kreta. Die eerste ware Westerse beskawing - die Minoïese beskawing - het sy oorsprong op hierdie eiland gehad. Die ruïnes van Knossos, 'n florerende stad in 1500 v.C., kan vandag nog gesien word. Knossos is omstreeks 1400 v.C. verwoes, waarskynlik deur seerowers, en die beskawing op die eiland is uitgewis. In Kreta was die sentrum van die Minoïese beskawing (omstreeks 2700–1420 v.C.), die eerste gevorderde beskawing in Europa. In sy lang geskiedenis was Kreta verskeie kere in die hande van omstrede oorheersers, onder andere die Romeine, die Venesiërs en die Turke.


Bronne

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.