Messier 61
From Wikipedia, the free encyclopedia
Messier 61 of M61 (ook bekend as NGC 4303) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 60 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Maagd. Dit is op 5 Mei 1779 deur Barnabus Oriani ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Kitsfeite
Messier 61 | ||||
Infrarooi foto van M61 deur die Spitzer-ruimteteleskoop. | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Maagd | |||
Tipe | SAB(rs)bc, HIISy2 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 21m 54,9s | |||
Deklinasie | +04º 28' 25" | |||
Skynmagnitude | 10,18 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 60 miljoen | |||
Skynbare grootte | 6,5 × 5,8 boogminute | |||
Ander name | M61, NGC 4303, UGC 07420, PGC 040001, MCG +01-32-022, USGC U490 NED310, MRC 1219+047, GC 2878 | |||
|
Sluit
M61 is een van die grootste stelsels in die Virgo-sterrestelselswerm. Ses supernovas is al in M61 gesien:[1]
- SN 2008in
- SN 2006ov
- SN 1999gn
- SN 1964F
- SN 1961I
- SN 1926A