Ruimtetuig en vaart From Wikipedia, the free encyclopedia
Mercury-Atlas 6 (MA-6) is die eerste Amerikaanse ruimtevlug waar die ruimtetuig in 'n wentelbaan om die aarde geplaas is, as deel van die Mercury-program. Die ruimtevaart is op 20 Februarie 1962 vanaf Kaap Canaveral gelanseer[1] en die ruimteman was John Glenn. Dit was die vyfde bemande ruimtevaart ooit, die eerste twee was die Sowjetunie se Vostok 1 en Vostok 2 vaarte gevolg deur die twee sub-orbitale vlugte van Mercury-Redstone 3 en 4.[2]
Die Mercury-ruimtetuig met die naam Friendship 7 is in 'n wentelbaan geplaas deur 'n Atlas LV-3B vuurpyl. Die lansering het by lanseerkompleks 14 te Kaap Canaveral-lugmagstasie, Florida plaasgevind. Nadat die ruimtetuig drie keer om die Aarde gewentel het, het dit die atmosfeer binnegedring en in die Atlantiese Oseaan neergeplons. Daar is die kapsule deur 'n helikopter van die vliegdekskip USS Noa herwin. Die totale vlugtyd was vier ure, 55 sekondes en 23 sekondes.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.