Mehrgarh
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mehrgarh (Oerdoe: مہرگڑھ) is ’n Neolitiese (7000 v.C. tot c. 2500 v.C.) terrein wes van die Indusvallei, naby die hoofstad van die Kacchi-distrik in Pakistan, op die Kacchi-vlakte naby Balochistan.[1] Dit word ook Mehergarh of Mehrgar gespel.
Mehrgarh مہرگڑھ | |
---|---|
Argeologiese terrein | |
Koördinate: 29°23′N 67°37′O | |
Land | Pakistan |
Ligging | Balochistan |
Gebou | c. 7000 v.C. |
Die vroegste nedersetting by Mehrgarh, in die noordoostelike hoek van die terrein van 2 km2, was ’n klein landboudorpie wat van omstreeks 6500 v.C. bewoon is.[2] Dit is een van die oudste terreine wat tekens toon van boerdery en veeaanhouding in Suid-Asië.[3][4]
Die terrein is 1974 deur ’n Franse span argeoloë onder Jean-François en Catherine Jarrige ontdek, en is van 1974 tot 1986 opgegrawe, en weer van 1997 tot 2000. Aregologiese materiaal is in ses heuwels ontdek, en sowat 32 000 artefakte is versamel.[2]
Mehrgarh word nou beskou as ’n voorloper van die Indusvalleibeskawing, en toon tekens van bewoning van die vroegste nedersettings tot die Ontwikkelde Harappabeskawing.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.