Amerikaanse akteur From Wikipedia, the free encyclopedia
Matthew David McConaughey (geb. 4 November 1969 in Uvalde, Texas) is ’n Amerikaanse akteur. Hy het die eerste keer aandag getrek met sy spel in die komedie Dazed and Confused (1993), en het daarna in prente gespeel soos Texas Chainsaw Massacre: The Next Generation (1994), A Time to Kill (1996) en Steven Spielberg se historiese drama Amistad. In die 2000's het hy in verskeie romantiese dramas gespeel soos The Wedding Planner (2001) en How to Lose a Guy in 10 Days.
Matthew McConaughey | |
McConaughey in 2014 in Berlyn. | |
Geboortenaam | Matthew David McConaughey |
---|---|
Geboorte | 4 November 1969 Uvalde, Texas, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1991–nou |
Rolprente | Lone Star, A Time to Kill, Reign of Fire, Dallas Buyers Club |
Webwerf | http://www.matthewmcconaughey.com/ |
Toekennings | Sien onder Filmografie |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sedert 2010 was hy in ernstiger rolle, soos dié in The Lincoln Lawyer, Bernie, Killer Joe, Mud en The Wolf of Wall Street. In 2013 het hy die rol vertolk van ’n cowboy wat met vigs gediagnoseer word in Dallas Buyers Club. Vir laasgenoemde het hy in 2014 verskeie pryse gewen, onder meer die Golden Globe en Oscar. Hy het ook saam met Woody Harrelson in die TV-speurreeks True Detective gespeel.
McConaughey, die jongste van drie seuns, is in Uvalde, Texas, gebore. Sy pa, James Donald McConaughey, was ’n vulstasie-eienaar wat eens vir die NFL Amerikaanse voetbal gespeel het[1][2][3][4] en sy ma, Mary Kathleen "Kay" (geb. McCabe), was ’n kindertuinonderwyseres en skrywer. Sy ouers is verskeie kere geskei en weer met mekaar getroud.[5] Hy het Skotse, Engelse, Ierse, Sweedse en Duitse bloed.[6]
McConaughey het in Longview, Texas, gewoon waar hy op hoërskool was en in die jaarboek as "die aantreklikste leerling" aangewys is. Hy het in 1988 vir ’n jaar in Warnervale in Nieu-Suid-Wallis, Australië, gebly as ’n uitruilstudent.[7] Daarna het hy aan die Universiteit van Texas studeer,[8] waar hy in 1993 ’n BA-graad behaal het in radio-en-TV-rolprente.[9]
McConaughey het in 1991 begin toneelspeel en in verskeie TV-advertensies verskyn voordat hy in Richard Linklater se rolprent Dazed and Confused verskyn het. Dit het goeie resensies gekry.[10] Ná ’n paar kleiner rolle in Angels in the Outfield, Texas Chainsaw Massacre: The Next Generation en Boys on the Side, het hy sy deurbraak gemaak as die regsgeleerde Jake Brigance in die 1996-prent A Time to Kill, wat gebaseer was op die John Grisham-roman met dieselfde naam. Laat in die 1990's het McConaughey hoofrolle vertolk in onder meer Contact, Amistad, The Newton Boys, EDtv en U-571.
Teen die vroeë 2000's het hy dikwels romantiese rolle vertolk in prente soos The Wedding Planner en How to Lose a Guy in 10 Days. Albei dié prente was ’n sukses by die loket. Hy het in dié tyd ook gespeel in Tiptoes, Two for the Money en Frailty.
In 2005 het hy saam met Penélope Cruz in die prent Sahara gespeel en in dieselfde jaar is hy aangewys as die tydskrif People se "Sexyste man in die wêreld".[11]
In 2006 was hy saam met Sarah Jessica Parker in die romantiese komedie Failure to Launch, asook in We Are Marshall. Hy het Owen Wilson vervang in Ben Stiller se Tropic Thunder ná Wilson se selfmoordpoging.[12]
Nadat hy vir ’n rukkie nie toneelgespeel het nie, het McConaughey in kleiner, onafhanklike prente meer uitdagende rolle vertolk en groot lof daarvoor gekry. In 2012 het hy teenoor Channing Tatum gespeel in Magic Mike, wat gebaseer is op Tatum se vroeë lewe. Die regisseur was Steven Soderbergh. Daarna het hy saam met Shirley MacLaine in die prent Bernie gespeel. In Junie 2012 is McConaughey genooi om by die Academy of Motion Picture Arts and Sciences aan te sluit.[13]
In 2013 het hy die rol van Ron Woodroof gespeel in die prent Dallas Buyers Club. Die prent het groot lof gekry en McConaughey het verskeie pryse daarvoor gekry, onder meer ’n Golden Globe en Oscar. Hy moes meer as 17 kg vir die rol verloor.[14]
McConaughey speel saam met Woody Harrelson in die 2014-TV-reeks True Detective.[15] Vroeg in 2013 is dit bevestig dat hy die hoofrol speel in Christopher Nolan se wetenskapsfiksieprent Interstellar, wat in November 2014 uitgereik was.[16]
Sommige resensente noem sy terugkeer na prente en sy aanvaarding van meer ingewikkelde rolle die "McConaissance".[17]
McConaughey het die Brasiliaanse model en TV-persoonlikheid Camila Alves in 2006 ontmoet.[18] Hulle is op 9 Junie 2012 in Austin, Texas, getroud en woon steeds daar.[19][20] Hulle het saam drie kinders, Levi, Vida en Livingston.[21]
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1993 | My Boyfriend's Back | Man #2 | |
Dazed and Confused | David Wooderson | ||
1994 | Angels in the Outfield | Ben Williams | |
Texas Chainsaw Massacre: The Next Generation | Vilmer Slaughter | ||
1995 | Boys on the Side | Offisier Abe Lincoln | |
Glory Daze | |||
1996 | A Time to Kill | Jake Tyler Brigance | MTV Movie Award vir beste nuwe talent |
Lone Star | Buddy Deeds | ||
Larger than Life | Tip Tucker | ||
1997 | Amistad | Roger Sherman Baldwin | |
Contact | Palmer Joss | ||
1998 | Making Sandwiches | Bud Hoagie | Kortprent |
The Newton Boys | Willis Newton | ||
1999 | EDtv | Ed "Eddie" Pekurny | |
2000 | U-571 | Lt. Andrew Tyler | |
2001 | The Wedding Planner | Steve "Eddie" Edison | |
2002 | Reign of Fire | Denton Van Zan | |
Thirteen Conversations About One Thing | Troy | Florida Film Critics Circle Award vir beste span | |
Frailty | "Fenton/Adam Meiks" | ||
2003 | Tiptoes | Steven Bedalia | |
How To Lose a Guy In 10 Days | Benjamin Barry | ||
2005 | Two for the Money | Brandon Lang | |
Sahara | Dirk Pitt | ||
Magnificent Desolation: Walking on the Moon 3D | Al Bean | Stem | |
2006 | We Are Marshall | Jack Lengyel | |
Failure to Launch | Tripp | ||
2008 | Fool's Gold | Ben "Finn" Finnegan | |
Tropic Thunder | Rick Peck | ||
Surfer, Dude | Steve Addington | ||
2009 | Ghosts of Girlfriends Past | Connor Mead | |
2011 | The Lincoln Lawyer | Mickey Haller | |
Bernie | Danny Buck Davidson | Austin Film Critics Association-ereprys Central Ohio Film Critics Association-prys National Society of Film Critics Award – beste byspeler New York Film Critics Circle Award vir beste byspeler | |
2012 | Killer Joe | Killer Joe Cooper | Austin Film Critics Association-ereprys Central Ohio Film Critics Association-prys Saturn-prys |
The Paperboy | Ward James | Austin Film Critics Association-ereprys Central Ohio Film Critics Association-prys | |
Mud | Mud | Central Ohio Film Critics Association-prys Oklahoma Film Critics Circle-prys Premios días de cine-prys | |
Magic Mike | Dallas | Austin Film Critics Association-ereprys Central Ohio Film Critics Association-prys Independent Spirit-prys vir beste byspeler National Society of Film Critics-prys vir beste byspeler New York Film Critics Circle-prys vir beste byspeler | |
2013 | Dallas Buyers Club | Ron Woodroof | Oscar vir beste akteur Alliance of Women Film Journalists-prys Broadcast Film Critics Association-prys Central Ohio Film Critics Association-prys Dallas–Fort Worth Film Critics Association-prys Denver Film Critics Society-prys Detroit Film Critics Society-prys Dorian-prys Palm Springs International Film Festival-prys Golden Globe-prys Gotham-prys Hollywood Film Festival-prys Independent Spirit-prys Las Vegas Film Critics Society-prys Nevada Film Critics Society-prys Oklahoma Film Critics Circle-prys Phoenix Film Critics Society-prys Rome Film Festival-prys Satellite-prys Screen Actors Guild-prys Southeastern Film Critics Association-prys Verskeie benoemings |
The Wolf of Wall Street | Mark Hanna | Central Ohio Film Critics Association-prys Oklahoma Film Critics Circle-prys | |
2014 | Interstellar | Cooper | |
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1992 | Unsolved Mysteries | Larry Dickens | Episode #5.12 |
1999 | King of the Hill | Rad Thidbodeaux | Stem Episode: The Wedding of Bobby Hill |
2000 | Sex and the City | Homself | Episode: "Escape from New York" |
2010–2012 | Eastbound & Down | Roy McDaniel / Texas Scout | 3 episodes |
2014 | True Detective | Rustin "Rust" Cohle | 8 episodes Uitvoerende vervaardiger |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.