From Wikipedia, the free encyclopedia
Marlee Beth Matlin (gebore op 24 Augustus 1965) is ’n Amerikaanse aktrise. Sy het die Oscar vir beste aktrise in 1986 gewen vir haar spel in Children of a Lesser God – sy is beide die enigste dowe akteur wat dit nog reggekry het, asook die jongste tot dusver (sy was 21 jaar oud).
Marlee Matlin | |
Matlin kry haar ster op die Hollywood Walk of Fame, 2009. | |
Geboortenaam | Marlee Beth Matlin |
---|---|
Geboorte | 24 Augustus 1965 Morton Grove, Illinois, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1986-tans |
Matlin is doof vandat sy 18 maande oud was,[1] en is lid van die Amerikaanse Vereniging vir die Dowes.[2][3] Sy het haar verhoogdebuut op sewe jaar gemaak, as Dorothy in die Internasionale Sentrum vir Doofheid en die Kunste se opvoering van The Wizard of Oz,[4] en het deur haar kinderjare saam met die sentrum se kindergroep opgetree.[5] Dit is in een van dié opvoerings waar sy deur Henry Winkler ontdek is, en dit het gelei tot haar eerste rolprentrol in Children of a Lesser God.[6]
Sy het daarna drie benoemings vir ’n Golden Globe gekry, waarvan sy een gewen het, en vier vir ’n Emmy. Sy het in 2009 ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.