Manson-krater
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Manson-krater is 'n slagkrater naby Manson, Iowa, waar 'n asteroïde of komeetkern die Aarde tydens die Krytperiode, sowat 74 miljoen jaar gelede, getref het. Dit was een van die grootste bekende impakvoorvalle in Noord-Amerika.[1]
Kitsfeite
Manson-krater | ||
Die gebied van die Manron-slagkrater in rooi. | ||
Slagstruktuur | ||
Sekerheid | Bevestig | |
Deursnee | 35 km | |
Ouderdom | 73,8 ± 0,3 miljoen jaar Laat Kryt | |
Boliedtipe | Chondriet | |
Ontbloot | Nee | |
Gebied | ||
Land | Verenigde State | |
Staat | Iowa | |
Distrik | Manson | |
Ligging | ||
Sluit
Voorheen is geglo dit het tot die uitwissing van die dinosourusse gelei, totdat bewys is dit is te oud.[2]
Geen bewyse van die krater bestaan op die oppervlak nie weens taamlike onlangse bedekking deur gletsersediment. Die terrein van die krater is nou begrawe en 'n plat landskap. Sowat 20 tot 90 m onder die oppervlak is egter 'n struktuur met 'n deursnee van omtrent 38 km.