Derde grootste dwergplaneet in die sonnestelsel From Wikipedia, the free encyclopedia
Makemake, amptelik (136472) Makemake (simbool: ),[9] is die derde grootste dwergplaneet in die Sonnestelsel en een van die grootste Kuipergordelvoorwerpe (KGV's). Makemake het 'n deursnee wat gelykstaande is aan ongeveer driekwart van Pluto s'n en het een bekende natuurlike satelliet, S/2015 (136472) 1.[10] Die dwergplaneet het 'n uiters koue gemiddelde temperatuur van -243,2 °C (of 30 Kelvin), wat daarop dui dat sy oppervlak met metaan-, etaan- en moontlik stikstofysse bedek is.
Makemake en sy maan, soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Michael E. Brown Chad Trujillo David Rabinowitz |
Datum | 31 Maart 2005 |
Kleinplaneet-benaming | (136472) Makemake |
Alternatiewe name | 2005 FY9 |
Kleinplaneet-kategorie | Dwergplaneet TNV Plutoïde (cubewano)[1] |
Etimologie | Makemake |
Wentelbaaneienskappe[2][3] | |
Epog 28 Januarie 1955 (JD 2 435 135,5) | |
Afelium | 53,074 AE 7,939 Tm |
Perihelium | 38,509 AE 5,760 Tm |
Halwe lengteas | 45,791 AE 6,850 Tm |
Wentelperiode | 309,88 jaar (113 183 dae) |
Gem. omwentelingspoed | 4,419 km/s |
Gem. anomalie | 85,13° |
Baanhelling | 28,96° |
Lengteligging van stygende nodus | 79,382° |
Periheliumhoek | 298,41° |
Natuurlike satelliete | 1 |
Fisiese eienskappe |
|
Gem. radius | 750 km[4] 710 ± 30 km[5] |
Oppervlakte | ~6 300 000 km2 |
Volume | ~1,59 km3 |
Massa | ~321 kg (aanvaar) (0,0005 aardmassas) |
Gem. digtheid | ~2 g/cm3 (aanvaar) |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,4 m/s2 |
Ontsnapping- snelheid | ~0,75 km/s |
Sideriese rotasieperiode | 7,771 ± 0,003 uur[6] |
Temperatuur | 30-35 K |
Spektraaltipe: | B-V = 0,83, V-R = 0,5 |
Skynmagnitude | 16,7 (opposisie)[7][8] |
Absolute magnitude | -0,44[3] |
Makemake is oorspronklik deur 'n sterrekundige span onder leiding van Michael Brown op 31 Maart 2005 ontdek, maar die ontdekking is eers op 29 Julie 2005 aangekondig. Die dwergplaneet is genoem na die mitologiese god Makemake, wat in die geloof van die Rapa Nui (die inwoners van Paaseiland) die god van die mensdom en vrugbaarheid is.
Op 26 April 2016 het sterrekundiges wat waarnemings van die Hubble-ruimteteleskoop van April 2015 bestudeer het, die ontdekking aangekondig van ’n maan met ’n deursnee van ~175 km (vir ’n aangenome albedo van 4%) wat op ’n afstand van ≥21 000 km van Makemake af om hom wentel, met ’n wentelperiode van ≥12 dae (indien die wentelbaan rond is).[11][12] Dit het die voorlopige naam S/2015 (136472) 1 gekry,[10] maar word ook MK 2 genoem.
Die meeste ander groot Trans-Neptunus-voorwerpe, Eris, Haumea en Pluto, het minstens een natuurlike satelliet elk.
In April 2019 was Makemake 52,5 AE van die Son af,[7][8] amper so ver as wat dit kan kom in sy wentelbaan. Dit volg ’n soortgelyke wentelbaan as Haumea: met ’n groot baanhelling van 29° en ’n gemiddelde eksentrisiteit van sowat 0,16. Tog is Makemake se wentelbaan effens verder van die Son in terme van beide sy halwe lengteas en perihelium. Sy wentelperiode is 308 jaar,[3] meer as Pluto se 248 jaar en Haumea se 285 jaar. Makemake en Haumea is albei op die oomblik ver van die sonnebaan – teen ’n hoek van amper 29°. Makemake kom nader aan sy afelium in 2033,[8] terwyl Haumea sy afelium vroeg in 1992 bereik het.[13]
Makemake is ’n klassieke Kuipergordelvoorwerp,[1] wat beteken sy wentelbaan is ver genoeg van Neptunus s’n af om oor die bestaan van die Sonnestelsel stabiel te bly.[14] Anders as plutino's, wat Neptunus se baan kan kruis vanweë hulle 2:3-baanresonansie met die planeet, het klassieke voorwerpe periheliums verder van die Son, onaangeraak deur Neptunus se versteurings.[15] Makemake het ’n resonansie van naby 11:6 met Neptunus.[16]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.