Maffei 1
From Wikipedia, the free encyclopedia
Maffei 1 is 'n groot elliptiese sterrestelsel in die sterrebeeld Kassiopeia.[1] Aanvanklik is vermoed dit behoort tot die Plaaslike Groep sterrestelsels, maar later is besef dit vorm deel van 'n ander groep, die IC 342/Maffei-groep. Dit is genoem na Paolo Maffei, wat dié en die naburige stelsel, Maffei 2, in 1967 ontdek het danksy hulle infrarooi-uitstralings.
Maffei 1 | ||||
Soort stelsel | Elliptiese sterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Kassiopeia | |||
Tipe | S0- pec,[1] E3 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 02h 36m 35.4s[1] | |||
Deklinasie | +59° 39′ 19″[1] | |||
Skynmagnitude | 11,14 ± 0,06 (V-band)[2] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 10 miljoen | |||
Skynbare grootte | 75 000 ligjare | |||
|
Die stelsel het 'n effens afgeplatte kern. Dit is boksvormig en bestaan hoofsaaklik uit metaalryke sterre. Dit het 'n klein blou kern waarin sterre voortdurend gevorm word. Nes ander groot elleptiese sterrestelsels het dit taamlik baie bolswerms. Maffei 1 is sowat 10 miljoen ligjare van die Melkweg af. Dit is dalk die naaste groot elleptiese sterrestelsel.
Maffei 1 lê in die Sone van Ondeursigtigheid en word kwaai deur die Melkweg se sterre en stof verberg. As dit nie daarvoor was nie, sou dit een van die grootste, helderste en bekendste sterrestelsels gewees het;[3] dit is omtrent 3⁄4 so groot soos die volmaan. Dit kan op 'n baie donker nag met 'n teleskoop gesien word.