Messier 98
From Wikipedia, the free encyclopedia
Messier 98 of M98 (ook bekend as NGC 4192) is ’n oorgangspiraalsterrestelsel sowat 54,1 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek saam met M99 en M100, en Charles Messier het dit in dieselfde jaar in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. M98 het ’n blouverskuiwing en beweeg teen 140 km/s in ons rigting.[1]
Kitsfeite
Messier 98 | ||||
Soort stelsel | Oorgangspiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Berenike se Hare | |||
Tipe | SAB(s)ab | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 13m 48,3s | |||
Deklinasie | +14º 54' 01" | |||
Skynmagnitude | 11 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 54,1 miljoen | |||
Skynbare grootte | 9,8 × 2,8 boogminute | |||
Ander name | M98, NGC 4192, UGC 7231, PGC 39028 | |||
|
Sluit