From Wikipedia, the free encyclopedia
Titus Lucretius Carus (ook net as Lucretius bekend; c. 15 Oktober 99 – c. 55 v.C.) was ’n Romeinse digter en filsoof. Sy enigste bekende werk is die didaktiese filosofiese gedig De rerum natura oor die beginsels en filosofie van Epikurisme; dit kan vertaal word as "Oor die Aard van Dinge". Lucretius het al die eer gekry vir die uitdink van die drietydperkstelsel wat van 1834 af deur C.J. Thomsen geformuleer is. Baie min is oor Lucretius se lewe bekend; die enigste feit wat vir seker is, is dat hy óf ’n vriend óf kliënt was van Gaius Memmius, aan wie die gedig gerig en opgedra is.[1]
De rerum natura het ’n aansienlike invloed op die Augustyne digters gehad, veral Virgilius (in sy Aeneid en Georgics) en Horatius.[2] Die werk het in die Middeleeue verdwyn, maar is in 1417 in ’n klooster in Duitsland herontdek.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.