From Wikipedia, the free encyclopedia
Lourierblare verwys na die geurige blare van verskeie plante soos die Cinnamomum tamala en Syzygium polyanthum wat in die kookkuns gebruik word. Hulle bevat sowat 1,3% essensiële olies.
As dit heel geëet word, het lourierblare ’n skerp, bitter smaak. Soos met baie speserye en geurmiddels, is die reuk van die blare skerper as die smaak. Wanneer dit gedroog is, is die reuk kruidagtig, effens blomagtig, en taamlik soortgelyk aan origanum en tiemie.
Lourierblare word dikwels in Indiese en Pakistanse kos gebruik, veral in rysgeregte soos biryani, en as ’n bestanddeel in garam masala. In Suid-Afrika word dit ook in bobotie gebruik.
Lourierblare is deur die antieke Grieke as geurmiddel gebruik.[1] Dit word vandag steeds in baie Europese geregte gebruik (veral in die Middellandse Seegebied). Dit kom voor in bredies, seekos, groentegeregte en souse en in klassieke Franse geregte. Dit word dikwels heel gebruik en ná die kookproses verwyder. In die Thaise kookkuns word lourierblare ook gebruik in ’n paar Arabies geïnspireerde geregte.[2]
Lourierblare kan ook voor die kookproses fyngemaal word. Dit het meer smaak as heel blare, maar is moeiliker om te verwyder; daarom word hulle dikwels is ’n sakkie in die kos geplaas.
Lourierblare kan ook in ’n spens gestrooi word om meelmotte,[3] vlieë,[4] kakkerlakke,[5] muise en silwermotte weg te hou.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.