London City-lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
London City-lughawe (IATA: LCY, ICAO: EGLC) is die kleinste van die vyf lughawens in Londen. Die lughawe is in 1987 geopen en lê in Docklands, in die oostelike deel van die stad, nie te ver van die stadskern af nie. Die lughawe het 'n aanloopbaan van slegs 1650 meter en daar is geen verbindingspaaie nie. Die lughawe hanteer tans ongeveer 3.4 miljoen reisigers per jaar, hoofsaaklik sakereisigers, wat voordeel trek uit die kort afstand tussen die lughawe en die stad.
Kitsfeite IATA: LCY – ICAO: EGLC, Opsomming ...
London City-lughawe | |||
---|---|---|---|
IATA: LCY – ICAO: EGLC | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Konsortium van AIMCo, OMERS, OTPP en Kuwait Investment Authority | ||
Operateur | London City Airport Ltd. | ||
Bedien | Londen, Verenigde Koninkryk | ||
Ligging | Silvertown | ||
Hoogte bo seevlak | 19 vt / 6 m | ||
Koördinate | 51.50528°N 0.05528°O / 51.50528; 0.05528 | ||
Webtuiste | londoncityairport.com | ||
Landkaart | |||
Ligging binne Groter Londen | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
09/27 | 1 508 | 4 948 | Gekeepte beton |
Statistieke (2020) | |||
Passasiers | 905 326 | ||
Passasierverskil 18–19 | 5,7% | ||
Lugbewegings | 80 751 | ||
Bewegingsverskil 18–19 | 3,0% | ||
Bronne: VK Lugvaart-Inligtingspublikasie by NATS[1] Statistiek van VK Burgerlugvaartowerheid[2] |
Sluit
In 'n meningspeiling onder reisdeskundiges, wat in 2014 in opdrag van Private Fly, 'n privaat aanlyn-besprekingsdiens vir lugpassasiers, gedoen is, is 'n landing op dié lughawe as een van die wêreld se tien opwindendste vlugervarings aangewys.[3]