Silvertown
From Wikipedia, the free encyclopedia
Silvertown is 'n nywerheidsgebied aan die noordoewer van die Teemsrivier wat administratief deel uitmaak van die Londense distrik Borough of Newham. Die buurt is vernoem na die nyweraar Samuel Winkworth Silver (1791–1855) wat hier in 1852 'n rubberaanleg gevestig het. Silvertown word tans deur twee groot aanlegte oorheers - Tate & Lyle se suikerraffinadery (wat in 1880 opgerig is[1]) en John Knight ABP se karkasverwerkingsaanleg.
Silvertown | |
---|---|
Distrik | |
Tate & Lyle se suikerraffinadery | |
Koördinate: 51°30′0″N 0°2′0″O | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Engeland |
Graafskap | Groter Londen |
Borough | Newham |
Tydsone | UTC±00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | E16 |
Skakelkodes | 020 |
Die buurt se industriële geskiedenis word oorskadu deur die ontploffing van 50 ton TNT op die werksterrein van Brunner Mond & Company, 'n chemiese aanleg naby West Ham waar ammunisie vervaardig is, op 19 Januarie 1917.[2][3] Die ongeluk het 73 menselewens geëis en verwoesting gesaai in die fabriek se omgewing. Die ontploffing se drukgolf het vensters in die Savoy-hotel laat bars en 'n huurmotor in Pall Mall byna omgegooi.
London City-lughawe, een van vyf lughawens in of naby die Britse hoofstad, is aan die oostelike kant van Silvertown geleë.