From Wikipedia, the free encyclopedia
Lodewijk Frans Asscher (gebore op 27 September 1974 in Amsterdam) is 'n Nederlandse regsgeleerde en politikus vir die Party van die Arbeid (PvdA), 'n gematigde sosialistiese party. Hy was minister van Sosiale Sake en Werkgeleenthede in die Rutte II-kabinet, bestaande uit VVD en PvdA, gewees. Van einde 2016 tot begin 2021 was hy ook die PvdA se politieke leier gewees.
Lodewijk Asscher | |
Politiek leier | |
Ampstermyn 12 Desember 2016 – 14 Januarie 2021 | |
Voorafgegaan deur | Diederik Samsom |
---|---|
Opgevolg deur | Lilianne Ploumen |
Vise-Premier | |
Ampstermyn 5 November 2012 – 26 Oktober 2017 | |
Voorafgegaan deur | Maxime Verhagen |
Opgevolg deur | Hugo de Jonge, Kajsa Ollongren en Carola Schouten |
Minister van Sosiale Sake en Werkgeleenthede | |
Ampstermyn 5 November 2012 – 26 Oktober 2017 | |
Voorafgegaan deur | Henk Kamp |
Opgevolg deur | Wouter Koolmees |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 27 September 1974 Amsterdam, Nederland |
Politieke party | PvdA |
Asscher het in die regte gestudeer aan die Universiteit van Amsterdam en promoveer in 2002. Hy het ook enige tyd sielkunde aan die Universiteit van Amsterdam gestudeer, maar enkel die eerste jaar gehaal. Hy was van 2002 tot 2006 'n lid van die stadsraad van die gemeente Amsterdam en van 2006 tot 2012 'n wethouer van dieselfde gemeente gewees, as ook waarnemend burgemeester in 2010. Van 5 November 2012 tot 26 Oktober 2017 was hy minister van Sosiale Sake en Werkgeleenthede en vise-premier gewees en daarbenewens van Desember 2016 tot Januarie 2021 politiek leier gewees.
Lodewijk Asscher is getroud en het drie kinders. Hy is 'n aanhanger van die liberale Judaïsme.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.