From Wikipedia, the free encyclopedia
Lingala (Lingála) is 'n Bantoetaal in Sentraal-Afrika wat deur sowat 2,3 miljoen mense gepraat word. Dit vorm saam met Kongo, Luba-Kasai en Swahili die nasionale tale van die Demokratiese Republiek die Kongo,[5] naas die amptelike taal Frans. Daarbenewens word Lingala in die aangrensende lande die Republiek die Kongo, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Angola gepraat. In die Republiek die Kongo word Lingala saam met die Kongo-Kreools Kituba as 'n nasionale taal erken.
Lingala Lingála | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Demokratiese Republiek die Kongo Kongo Sentraal-Afrikaanse Republiek Angola | |
Gebied: | Kongorivier | |
Totale sprekers: | 2,3 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Lingala | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Mandombe | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Demokratiese Republiek die Kongo (nasionale taal)[2][3] Kongo (nasionale taal)[4] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ln | |
ISO 639-2: | lin | |
ISO 639-3: | lin | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Lingala het in Sentraal-Afrika langs die Kongorivier ontstaan en was eens deur die Bangala-volk in die noordweste van die Demokratiese Republiek die Kongo gepraat. Die taal is verder deur Frans en Swahili beïnvloed en het verskeie leenwoorde opgeneem.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.