From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Libiese Burgeroorlog van 2011 (Arabies: الحرب الأهليّة في ليبيّا عام 2011 / al-ḥarb al-ahlīyah fī Lībiyā ‘ām 2011) was 'n gewapende opstand in Libië. Dit begin met betogings van die Libiese bevolking teen die regering van Moeammar al-Ghaddafi, wat reeds vir 42 jaar aan bewind was. Die opstand het later in 'n volskaalse burgeroorlog tussen regeringsmagte en die rebelle ontaard.
Libiese Burgeroorlog الحرب الأهليّة في ليبيّا عام 2011 | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Nasionale Oorgangsraad[1]
NAVO |
Regering van Libië | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Mustafa Abdul Jalil[5] Omar El-Hariri[6] Anders Fogh Rasmussen Lars Løkke Rasmussen |
Moeammar al-Ghaddafi (↑) Saif al-Islam Ghaddafi | ||||||
Sterkte | |||||||
17 000[12] | 20 000[13]–40 000[14] | ||||||
Ongevalle | |||||||
5 634–7 026 vermoor, 2 886–3 005 vermis | 2 217–2 486 vermoor, 7 000 gevange[15] | ||||||
25 000[16]–30 000 vermoor, 4 000 vermis[17] |
Die protesoptogte begin op 15 Februarie 2011 en is geïnspireerd deur soortgelyke opstande regoor die Arabiese wêreld, onder andere die Egiptiese Rewolusie en die Jasmynrewolusie in Tunisië. Die betogers eis dat Ghaddafi se bewind beëindig word en dat demokratiese verkiesings uitgeroep word.
Teen einde Februarie kondig die VN-Veiligheidsraad 'n wapenverbod teen Libië aan. Op 17 Maart word 'n resolusie aangekondig wat 'n oorvliegverbod bo Libië afdwing. Die Ghaddafi-regime kondig kort daarna 'n skietstilstand af, maar gaan terselfdertyd voort met militêre optredes, onder andere by Benghazi.
In Augustus 2011 word die bordjies verhang met die rebelle wat veld begin wen en stadig maar seker na Tripoli, die land se hoofstad, begin opruk. Teen 28 Augustus neem hulle die beheer van die hoofstad oor.[18]
Op 20 Oktober 2011 het die Nasionale Oorgangsraad vir Moeammar al-Ghaddafi met die oorname van Sirte gevange geneem, maar hy het later aan sy wonde beswyk.[19]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.