From Wikipedia, the free encyclopedia
Lawakussings of kussinglawa verwys na 'n sekere soort lawa met 'n kenmerkende kussingvorm wat toegeskryf word aan die uitvloeiing van die lawa onder die water. Kussinglawa in vulkaniese gesteentes word gekenmerk deur dik lae kussingvormige massas van tot 'n meter breed.
Lawakussings is gewoonlik van basalt, maar dié van ander samestellings is ook bekend.[1][2][3] Hoe hoër die silikainhoud (en hoe taaier en vloeitraer) die lawa dus is, hoe groter is die kussings gewoonlik.
Lawakussings kom voor waar lawa onder water uitvloei, soos onder warmkolkettings in die see en die divergente tektoniese plate van mid-oseaniese riwwe. Terwyl die twee tektoniese plate weg van mekaar beweeg, vloei dik lawa uit die magmakamer onder die tektoniese plate en vorm nuwe oseaankors.
Lawakussings word gevorm wanneer magma die seebodem bereik. Die warm lawa koel vinnig in die water af en vorm 'n kors. Omdat die lawa onder die steeds dikker wordende gestolde laag uitbreek en na bo vloei, ontstaan verskillende lae lawa wat die kenmerkende kussingsvorms skep.[4]
Kussinglawa word ook verbind met sommige subglasiale vulkane tydens die vroeë uitbarstingsfases.[5][6] Dit kan ook buite water voorkom wanneer die seebodem waar die kussings gevorm het bo die watervlak uitgestoot word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.