Laguna Colorada
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Laguna Colorada is 'n vlakwatermeer in die Boliviaanse nasionale natuurreservaat Reserva Nacional de Fauna Andina Eduardo Abaroa, geleë in die suidelike deel van die hoogplato Altiplano en naby die grens met Chili op 'n hoogte van 4 278 bo seevlak. Administratief behoort die meer aan die provinsie Sur Lípez in die Departamento Potosí.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Laguna Colorada | |
---|---|
James se flaminke in Laguna Colorada | |
Foto van Laguna Colorada, geneem deur Nasa Earth Observatory | |
Koördinate: | 22°11′S 67°46′W |
Ligging: | Bolivië |
Soort: | Binnemeer, vlakwatermeer, soutmeer |
Oppervlakte: | 60 km² (220 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 0,35 meter |
Maksimum diepte: | 1,5 meter |
Volume: | 21 km³ |
Lengte: | 10,7 km |
Breedte: | 9,7 km |
Omtrek: | 35 km |
Invloei: | Rio Sulor |
Die meer het sy naam aan sy opvallende rooi kleur te danke wat deur rooi alge en die hoë gehalte aan mineraalstowwe veroorsaak word. Die rooi mikroörganismes is die gunstelingdieet van flaminke en gee aan hierdie voëls hul eie kenmerkende pienkerige kleur.[1] Laguna Colorada se gemiddelde diepte is slegs 0,35 m, sy diepste punt is 1,5 m. Die meer is temidde van 'n landskap met warmwaterbronne, vulkane en indrukwekkende rotsformasies geleë.
Die meer en sy omgewing is in 1990 tot 'n natuurreservaat verklaar om die plaaslike fauna van die Andes-bergwêreld te beskerm. Laguna Colorada staan as habitat vir drie spesies flaminke bekend - die Chileense flamink (Phoenicopterus chilensis), Andes-vlamink (Phoenicoparrus andinus) en James se flamink (Phoenicoparrus jamesi). Daarnaas word 'n tagtigtal ander voëlspesies hier aangetref. Die plaaslike flora word oorheers deur quinoa-plante en queñua-struike.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.