chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Suiwer (neutrale) koper(II)karbonaat CuCO3, die sout van koper en koolsuur is moeilik om te vervaardig. Wat in die natuur voorkom en verhandel word, is basiese koperkarbonaat, oftewel koperkarbonaathidroksied.[2]
Algemeen | |
---|---|
Naam | Koper(II)karbonaat |
Ander name | Basiese koper(II)karbonaat; malagiet; |
Chemiese formule | Cu2CH2O5.H2O[1] |
Molêre massa | 221,103 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 12069-69-1[1] |
Voorkoms | groen vastestof |
Reuk | Reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | ontbind ~200 °C |
Kookpunt | |
Digtheid | 3,6 °C[1] |
Oplosbaarheid | onoplosbaar[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie brandbaar |
LD50 | 500-2 000 [mg/kg] (rot; oraal)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Oor nie-basiese neutrale koperkarbonaat is min bekend. Pistorius het beweer dat dit 'n romboëbriese stof met die kalsietstruktuur sou wees, maar Ehrhardt ontken dit. Hy het dit as grys poeier verkry deur asuriet, malagiet of koper(II)oksied saam met silweroksalaat onder hoë druk (20 kbar) teen 500 °C te verhit. Silweroksalaat ontbind onder hierdie omstandighede en stel koolstofdioksiedgas vry:
Ontleding van die grys poeier het bevestig dat dit CuCO3 is. Dit het 'n monokliniese struktuur waarvan net die eenheidsel bekend is (a=703,0 pm; b= 449.4 pm; c= 609,1 pm; β= 101,21°) Infrarooispektroskopie het absorpsies teen 1460, 1420, 100, 860, 760 en 743 cm-1 opgelewer, wat ooreenkom met die vibrasies van die karbonaatioon. Die ruimtegroep is waarskynlik Pc (nommer 7).[3]
Daar is twee vorms:
Die groen vorm is wat meestal kommersieel verhandel word.[2]
Basiese koperkabonaat is nie in water oplosbaar nie, maar dit los maklik op in sterk sure, warm asynsuur, oplossings van alkalimetaalsianiede en gekonsentreerde ammoniakoplossings. Dit is baie stabieler as koper(II)hidroksied maar dit ontbind teen 200°C en vorm die oksied volgens:[2]
Daar is twee produksieprosesse waaruit twee effens ander produkte verkry word. Teen temperature van 45-65°C word 'n oplossing van Cu2+ by 'n oplossing van óf natriumkarbonaat óf natriumbikarbonaat gevoeg. Daar word eers asuriet gevorm wat in die eerste geval na twee uur in malagiet omgesit is. In die tweede geval duur dit slegs 'n uur en is die produk baie digter.[2]
Koperkabonaat word gebruik vir die vervaardiging van ander kopersoute en -sepe. Dit word in veevoer verwerk as bron van koper en gebruik in die petroleumverwerking en die pH-kontrole in elektroplatering. Die stof is 'n katalisator vir hidrogenering en polimerisasiereaksies. Dit word ook as swamdoder en vir houtbewerking gebruik.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.