Kookhuis
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kookhuis (ook bekend as Cookhouse in Engels) is ’n klein dorp in die Oos-Kaapprovinsie, Suid-Afrika. Die N10 nasionale pad loop deur Kookhuis en die naaste groot dorp is Somerset-Oos. Dit is ’n belangrike spoorwegaansluiting; die hooftrajek tussen Johannesburg en Gqeberha loop deur Kookhuis. Die spoorlyn vanaf Gqeberha (ou Port Elizabeth) het Kookhuis teen 1880 bereik. Daar is ook taklyne na Somerset-Oos en nog een na Oos-Londen oor Fort Beaufort.
Kookhuis (en) Cookhouse | |
---|---|
Koördinate: 32°44′43″S 25°48′17″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Bloukraanroete |
Stigting | 1855 |
Oppervlak | |
• Totaal | 50,98 km2 (19,68 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 707 |
• Digtheid | 112/km2 (290/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 16.0% |
• Swart mense | 80.7% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 75.4% |
• Afrikaans | 19.7% |
• Engels | 2.5% |
• Ander | 2.4% |
Poskode (strate) | 5820 |
Poskode (posbusse) | 5820 |
Skakelkode | 042 |
Die Groot-Visrivier vloei deur die dorp. Naby Kookhuis funksioneer ook ’n deel van die Oranjerivierprojek, ’n tonnel wat water van die Oranjerivier van die Groot-Visrivier na die Sondagsrivier lei.
Die plaaslike NG gemeente, Visriviervallei, is by die NG gemeente Somerset-Oos ingelyf nadat die lidmate met die jare so afgeneem het dat die gemeente nie meer op sy eie kon voortbestaan nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.