From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Knoop in sterrekunde is een van twee punte waar ’n wentelbaan ’n verwysingsvlak kruis waarmee dit ’n helling vorm.[1] ’n Wentelbaan sonder ’n helling, wat op die verwysingsvlak voorkom, het geen knope nie.
Twee algemene verwysingsvlakke is:
As ’n verwysingsrigting van een kant van die verwysingsvlak na die ander vasgestel is, kan ’n onderskeid tussen die twee knope getref word. Vir geosentriese en heliosentriese wentelbane (om die Aarde en Son onderskeidelik) is die klimmende knoop (of "noordknoop") waar die wentelende liggaam noordwaarts deur die verwysingsvlak beweeg en die dalende knoop (of "suidknoop") waar dit suidwaarts deur die vlak beweeg.[3] In die geval van liggame buite die Sonnestelsel is die klimmende knoop die knoop waardeur die wentelende liggaam in die teenoorgestelde rigting as die waarnemer beweeg, en die dalende knoop is wanneer dit in die rigting van die waarnemer beweeg.[4], p. 137.
Die posisie van die knoop kan gebruik word as een stel parameters wat ’n wentelbaan beskryf en bekend is as "wentelelemente".
Die knooplyn is die kruising van die voorwerp se wentelvlak met die verwysingsvlak. Dit loop deur die twee knope.[2]
Die simbool van die klimmende knoop is (Unicode: U+260A, ☊), en die simbool van die dalende knoop is (Unicode: U+260B, ☋). In Middeleeuse en vroeë moderne tye is die klimmende knoop die "draak se kop" (Latyn: caput draconis) genoem en die dalende knoop die "draak se stert" (Latyn: cauda draconis).[5], p. 141; [6], p. 245. Dié terme is oorspronklik gebruik vir die tye wanneer die Maan die oënskynlike baan van die Son in die lug gekruis het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.