’n Maanknoop is waar die wentelbaan van die maan die sonnebaan kruis. Die klimmende knoop of noordknoop is wanneer die maan die sonnebaan van "onder" na "bo" kruis (dus van suid na noord) en die dalende knoop of suidknoop wanneer dit die sonnebaan van "bo" na "onder" kruis (dus van noord na suid).

Thumb
Die maanknope uitgebeeld met 'n oordrewe inklinasie tussen die sonnebaan (of ekliptika) en maanbaan

Verduisterings vind net plaas wanneer die maan deur een van die knope beweeg: ’n sonsverduistering wanneer die beweging deur die knoop tydens die nuwemaan plaasvind en ’n maansverduistering tydens die volmaan.

Drakoniese maand

Die gemiddelde tyd tussen twee opeenvolgende deurgange van die maan deur die klimmende knoop word ’n drakoniese maand of nodale tydperk genoem.

Die maan se wentelbaan vertoon vanweë die aantrekkingskrag van die son ’n presessie. Die maansknope neem dus geen vaste posisie in nie, maar maak in 18,6 jaar ’n volledige omwenteling oor die sonnebaan, in ’n teenoorgestelde rigting as wat die maan om die Aarde draai. ’n Drakoniese maand, van 27,212 dae, is daarom korter as ’n sideriese maand, en wel ongeveer 2,5 uur.

Sien ook

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.