Klipriviersberg (plaas)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Klipriviersberg is een van die plase waarop die stad Johannesburg aangelê is.
Die plaas het sy naam verleen aan ’n suidoostelike voorstad, Klipriviersberg, wat op 29 Junie 1943 aangelê is en bestaan uit die Rosewood Estate-behuisingsprojek en nog 10 huise op enkeltitel-erwe. Die Klipriviersberg-natuurreservaat, wat 680 ha beslaan, is na dié plaas genoem,[1] asook die NG gemeente Klipriviersberg en Gereformeerde kerk Klipriviersberg, wat albei ontbind het.
In sy verkorte vorm, Kliprivier, was dit die naam van een van die twee wyke van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) waarop die Goudstad ontstaan het. Kliprivier het onder die distrik Heidelberg geval en die wyk Witwatersrand onder die distrik Pretoria. Die plaas Klipriviersberg het gegrens aan die plase Doornfontein (noord), Elandsfontein (oos), Palmietfontein (suid), Rietvlei (suidwes) en Turffontein (wes).